Die reisigerspalm, of Ravenala madagascariensis, van Madagaskar is die enigste spesie van die genus Ravenala. Dit is nie ’n ware palm (familie Arecaceae) nie, maar lid van die blomplantfamilie Strelitziaceae. Die genus is naby verwant aan die Suider-Afrikaanse genus Strelitzia en die Suid-Amerikaanse genus Phenakospermum. Volgens sommige klassifikasies val hierdie genera in die piesangfamilie (Musaceae).
Hoewel dit gewoonlik as ’n enkele spesie beskou word, is vier verskillende vorms al onderskei.[1][2]
Die plant het die naam "reisigerspalm" gekry omdat die skedes van die stam reënwater hou wat veronderstel is om nuttig te pas te kom vir dors reisigers.[3] Die water in die plant is egter swart en ruik sleg en behoort nie gedrink te word nie. Nog ’n moontlike rede vir die naam is dat die waaier geneig is om op ’n oos-wes-lyn te groei, en dit kan ’n ruwe kompas uitmaak.[4]
Die wetenskaplike naam Ravenala kom van die Malgassiese woord ravinala, wat "woudblare" beteken.[5]
Die enorme roeispaanvormige blare word gedra aan lang blaarstele in ’n kenmerkende waaiervorm en lê op ’n enkele vlak. Die groot, wit blomme lyk soos dié van verwante Strelitzia reginae en Strelitzia nicolai. Hulle word egter gewoonlik as minder mooi beskou en het ’n groen skutblaar.[6] Die blomme produseer helderblou sade wanneer hulle bestuif word; dit is moontlik die enigste blou sade in die natuur.[7]
In tropiese en subtropiese streke word die plant algemeen gegroei vanweë sy kenmerkende voorkoms. Namate die plant ouer word, verloor dit sy laagste en oudste blare en dan is ’n stewige grys stam sigbaar. Van die vier vorms, of subspesies, is die "Bemavo" van die heuwels van Oos-Madagaskar die grootste – hulle kan tot 30 m hoog word, met ’n stam van 60 cm dik. Die waaierdeel bestaan uit 20 tot 35 blare, wat elk tot 11 m lank kan wees.[8]
Die plant het ’n sonnige plek nodig (nie volle son nie tot hulle groter is). Dit reageer goed op kunsmis, veral met baie stikstof, in die groeiseisoen. Dit het beter groei en blare tot gevolg.
Die gemiddelde hoogte is 77 m en dit het ’n gemiddelde hoeveelheid water nodig.
’n Reisigerspalm en blom, Indië
Die reisigerspalm, of Ravenala madagascariensis, van Madagaskar is die enigste spesie van die genus Ravenala. Dit is nie ’n ware palm (familie Arecaceae) nie, maar lid van die blomplantfamilie Strelitziaceae. Die genus is naby verwant aan die Suider-Afrikaanse genus Strelitzia en die Suid-Amerikaanse genus Phenakospermum. Volgens sommige klassifikasies val hierdie genera in die piesangfamilie (Musaceae).
Hoewel dit gewoonlik as ’n enkele spesie beskou word, is vier verskillende vorms al onderskei.