dcsimg

Cactaceae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Cactaceae is die kaktusfamilie. Dit is 'n groot familie plante uit die Amerikas, wat ook in ander dele van die wêreld indringerplante opgelewer het soos die Opuntia wat ook in Suid-Afrika wydverbreid voorkom.

Die kaktusse is sukkulente en word deur groot dorings gekenmerk.

In Noord-Amerika is die Cactaceae een van twee belangrikste sukkulentefamilies van die woestyngebiede. Die ander een is die jukkas (Agavaceae). Die kaktusse is stam-sukkulente, die jukkas is blaar-sukkulente. Altwee groepe is CAM-plante wat oordag hulle huidmondjies geslote kan hou en snags wanneer dit koeler is deur die oop mondjies koolstofdioksied kan in- en suurstof kan uitasem. Die sukkulente weefsels stoor nie net vog nie maar ook die malaat wat snags gevorm en bedags gedekarboksileer word, wat 'n stap is in die fotosintetiese pad.

Kaktusse is vetplante en nie regte xerofiete nie. In die droogste woestyne waar reënval baie onreëlmatig is, of waar dit in die groeiseisoen vries, kan hulle nie oorleef nie. In Noord-Amerika word hulle veral in die Sonorawoestyn en dele van die Chihuahuawoestyn aangetref en baie minder in die Mojavewoestyn wat min somerreëns kry en waar die winters deur buitegewoon lae temperature gekenmerk word.

Kaktusse het vyf basiese morfologiese trekke:[1]

  1. Die groot kolomkaktusse soos Carnegiea gigantea of Pachyvereus spp.
  2. Die korter maar stewiger vatkaktusse soos Ferocactus spp. en Echinocactus spp.
  3. Die silindriese Cylindropuntia-spesies ("cholas") soos C. acanthocarpa en C. bigelovii
  4. Die plat-opuntias met afgeplatte stamme soos O. basilaris
  5. Party kort, bolvormige kaktusse soos van die genusse Mammillaria of Coryphantha

Verwysings

  1. Physiological Ecology of North American Desert Plants: with 86 figures and 21 tables Stanley D. Smith, Russell K. Monson, Jay Ennis Anderson Springer Science & Business Media, 1997, ISBN 3540531130, ISBN 9783540531135
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Cactaceae: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Cactaceae is die kaktusfamilie. Dit is 'n groot familie plante uit die Amerikas, wat ook in ander dele van die wêreld indringerplante opgelewer het soos die Opuntia wat ook in Suid-Afrika wydverbreid voorkom.

Die kaktusse is sukkulente en word deur groot dorings gekenmerk.

In Noord-Amerika is die Cactaceae een van twee belangrikste sukkulentefamilies van die woestyngebiede. Die ander een is die jukkas (Agavaceae). Die kaktusse is stam-sukkulente, die jukkas is blaar-sukkulente. Altwee groepe is CAM-plante wat oordag hulle huidmondjies geslote kan hou en snags wanneer dit koeler is deur die oop mondjies koolstofdioksied kan in- en suurstof kan uitasem. Die sukkulente weefsels stoor nie net vog nie maar ook die malaat wat snags gevorm en bedags gedekarboksileer word, wat 'n stap is in die fotosintetiese pad.

Kaktusse is vetplante en nie regte xerofiete nie. In die droogste woestyne waar reënval baie onreëlmatig is, of waar dit in die groeiseisoen vries, kan hulle nie oorleef nie. In Noord-Amerika word hulle veral in die Sonorawoestyn en dele van die Chihuahuawoestyn aangetref en baie minder in die Mojavewoestyn wat min somerreëns kry en waar die winters deur buitegewoon lae temperature gekenmerk word.

Kaktusse het vyf basiese morfologiese trekke:

Die groot kolomkaktusse soos Carnegiea gigantea of Pachyvereus spp. Die korter maar stewiger vatkaktusse soos Ferocactus spp. en Echinocactus spp. Die silindriese Cylindropuntia-spesies ("cholas") soos C. acanthocarpa en C. bigelovii Die plat-opuntias met afgeplatte stamme soos O. basilaris Party kort, bolvormige kaktusse soos van die genusse Mammillaria of Coryphantha  src=

1. Carnegiea gigantea

 src=

2. Ferocactus pilosus

 src=

3. Cylindropuntia acanthocarpa

 src=

4. O. basilaris

 src=

5. Mammillaria polythele

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF