Die heuningkoekpylstert (Himantura uarnak) kom aan die ooskus van Suid-Afrika voor. Dit het sy naam gekry van die feit dat die patroon op sy bokant soos 'n heuningkoek lyk. Die vis word 2 m breed en 120 kg swaar. Die stert kan tot drie keer die lengte van die lyf word. Dit is 'n bodembewoner en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In Engels staan die pylstert bekend as die Honeycomb stingray.