dcsimg

Geelvin-doktervis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Geelvin-doktervis (Acanthurus xanthopterus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan en Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellowfin surgeonfish.

Identifikasie

Die vis word tot 62 cm lank en is die grootse doktervis. Dit is blou-grys tot bruin met onreëlmatige, horisontale gebroke bruin tot donkergrys strepe wat oor die lyf strek. Daar is 'n kenmerkende geel vlek oor die oog. Die pektoralevinne is geel terwyl daar klein, fyn, ligte bruin strepies op die dorsale- en analevinne is. Die stertvin is blouerig met 'n wit ring om die stertvinbasis. Daar is ook 'n swart kol op die basis van die stertvin. Die vis kan sy kleur varieer tot lig blougrys, afhandgende van sy gemoedstoestand. Dit gebeur by die skoonmaak stasies.

Die vis leef in tropiese strandmere en ook aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 15 tot 90m diep is. Hulle swem dikwels oor sanderige gebiede naby die riwwe waar hulle alge soek.

Die vis kan maklik verwar word met die Lang doktervis (Acanthurus mata).

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geelvin-doktervis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Geelvin-doktervis (Acanthurus xanthopterus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan en Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellowfin surgeonfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF