dcsimg
Image of European Wildcat
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Synapsids » » Cynodonts » Mammals » » Carnivores » » Cats »

European Wildcat

Felis silvestris silvestris Schreber 1777

Europese wildekat ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Europese wildekat (Felis silvestris silvestris) is ’n subspesie van die wildekat wat in die woude van Wes-, Sentraal-, Oos- en Suid-Europa voorkom, asook in Skotland, Turkye en die Kaukasusgebergte.

Die Europese wildekat is baie stewiger as sy Afrika-eweknie en die huiskat. Die dik pels en die grootte maak ’n onderskeid gewoonlik maklik. Anders as die huiskat, is die Europese wildekat bedags aktiewer as snags.

Status

Wildekatte was algemeen in die Pleistoseen-tydperk van 2 588 000 tot 11 700 v.C; toe die ys smelt het hulle aangepas by ’n lewe in die digte woude. In die meeste Europese lande het hulle skaars geword en hoewel hulle beskerm word, word hulle steeds soms deur mense geskiet wat hulle vir huiskatte aansien. In die Skotse Hoogland, waar vermoedelik sowat 400 wildekatte in die natuur oor is, hou inteling met huiskatte ’n aansienlike bedreiging vir die wildekatte in.[1] Ook in Spanje en Portugal, die Wes-Europese lande waar die meeste wildekatte voorkom, word hul voortbestaan bedreig deur inteling en die verdwyning van hul habitat. In die oostelike dele soos die Oekraïne, Moldowa en die Kaukasus vind min verbastering plaas.[2]

Verwysings

  1. Scottish Wildcats
  2. "European Wildcat". IUCN/SSC. Besoek op 2007-01-02.

Eksterne skakels

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Europese wildekat: Brief Summary ( Afrikaans )