dcsimg

Dwergbok ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die dwergbok (Neotragus pygmaeus) is 'n Wes-Afrikaanse bokkie, erken as die wêreld se kleinste bokkie. Dit is die eerste keer beskryf deur die Sweedse dierkundige Carl Linnaeus in 1758. Dit staan net 25 sentimeter (10 dm) by die skouer en weeg 2,5-3 kg. 'n Kenmerk is die lang en slanke bene, met die agterbene tweekeer so lank as die voorbene. Horings word slegs deur manlike lede gedra; die horings is kort, glad en puntig, meet 2.5-3 cm en buig agtertoe. Die sagte pels is rooi tot goudbruin, in skerp kontras met die wit ventrale dele. In vergelyking met die Bates se pigmeebokke, het dwergbokke 'n lang snoet, breër lippe, 'n kleiner mond en kleiner wangspiere.

Die dwergbokkie word gekategoriseer as 'n veilige spesie deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne (IUBN). Daar word gevrees dat bevolkings daal as gevolg van habitatagteruitgang die uitbreiding van menslike nedersettings. 'n Beduidende bedreiging vir die oorlewing van hierdie bokkies is die jagmaak op hulle vir bosvleis.

Beskrywing

 src=
Nabyskoot van 'n dwergbokkie.
 src=
'n Individu by die San Diego Dieretuin

Ekologie en gedrag

Dwergbokke verkies digbegroeide gebiede met vars struike en ander plante. Dit leef in die warm, klam laeveldse woude algemeen in Wes-Afrikalande soos die Ivoorkus, Ghana, Guinee, Liberië en Sierra Leone.

Die dier is tipies aktief in die nag, en dwergbokke vertoon merkwaardige paraatheid. Gebiede word gemerk met mis.

Dieet

Synde 'n herbivoor, verkies dwergbokke klein hoeveelhede vars blare en lote; vrugte en swamme word soms ingeneem. Individue kan dikwels na nuwe plekke beweeg op soek na kos en vars plantgroeisels.

Voortplanting

Dwergbokke is monogaam, hoewel poligamie soms waargeneem word. Beide geslagte raak seksueel volwasse so vroeg as op ses maande. Geboortes is aangemeld in November en Desember. 'n Enkele, delikate jongeling word gebore na 'n onbekende dratydperk, en weeg 0,8–1 kilogram (1,8–2,2 lb) – byna 'n derde van 'n volwassene se gewig. Jongelinge verskyn soortgelyk aan die volwassenes in kleur. Die maksimumlewensduur van 'n gevange dwergbok is op ses jaar en agt maande geskat deur 'n studie in 1993.[3]

Verwysings

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2016). “Neotragus pygmaeus”. IUCN Red List of Threatened Species 2016. doi:10.2305/IUCN.UK.2016-1.RLTS.T14602A50190835.en. Besoek op 27 Augustus 2016.
  2. Groves, C.; Grubb, P. (2011). Ungulate Taxonomy. Baltimore, Maryland (USA): Johns Hopkins University Press. pp. 144, 147. ISBN 978-1-4214-0093-8.
  3. Jones, M. L. (1993). “Longevity of ungulates in captivity”. International Zoo Yearbook 32 (1): 159–69. doi:10.1111/j.1748-1090.1993.tb03529.x.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Dwergbok: Brief Summary ( Afrikaans )