Die kransaasvoël (Gyps coprotheres) is 'n aasvoël wat aangetref word in Suid-Afrika, Lesotho en Botswana. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie as gevolg van vergiftiging, versteuring in die broeikolonies en omdat hulle deur oorhoofse elektriese kabels doodgeskok word.
Die kransaasvoël is 100–115 cm lank en het 'n donkerbruin bokant met 'n wit laerrug. Dit het donker vlugvere en witkleurige borsvere.
Hulle habitat is grasveld, savanne en woestynagtige areas. Hulle broei op kranslyste.
Kransaasvoëls kom hoofsaaklik in die Drakensberge en Oos-Kaap voor. Daar is ook 'n kolonie in die De Hoop-natuurreservaat naby Bredasdorp in die Wes-Kaap.
Eiers van die kransaasvoël.
'n Jong kransaasvoël in die St. Augustine Alligator Farm, St. Augustine, Florida.
'n Kransaasvoël in vlug naby die Wieg van die Mensdom, Gauteng, Suid-Afrika.
'n Kransaasvoël in vlug by Mike se pas, Drakensberge, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.