dcsimg

Opossums ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Opossums (genus Didelphidae) is die bekendste verteenwoordigers van die buidelrotfamilie (Didelphidae), wat hoofsaaklik in Suid-Amerika voorkom. Die gewone opossum word sedert die laaste Ystyd egter ook so ver noord as Suid-Kanada aangetref.

 src=
'n Jong Virginië Opossum
 src=
Die Noord-Amerikaanse Opossum

Die meeste opossums is boombewoners en nagdiere. Nie alle buidelrotte het buidels nie. Opossums (genus Didelphidae) is die bekendste verteenwoordigers van die buidelrotfamilie (Didelphidae), wat saam met opossumrotte (familie Caenolestidae) die enigste buideldierfamilies is wat nog in Suid-Amerika voorkom. Die ander verteenwoordigers is na die ontstaan van die landengte van Panama verdring deur roofdiere wat hulle gebied van die noorde af binnegekom het.

Sommige opossumspesies kom ook in Sentraal- en Noord-Amerika voor. Met uitsondering van oop vlaktes en hooggeleë streke kom buidelrotte feitlik oral voor en hulle word selfs in stede aangetref. Hulle oorleef ongunstige toestande soos droogtes deur in 'n diep slaap (letargie, 'n soort winterslaap) te verval. Oor die algemeen is buidelrotte alleenlewende diere wat hul neste in struike of bome of in gate in die grond maak. Feitlik enige plek wat donker is, vorm 'n geskikte nesmaakplek. Hulle is aand- of nagdiere en die meeste spesies vreet enig iets wat voorkom (omnivoor); net enkele spesies vreet uitsluitend insekte of ander klein diere.

Hulle is onverskrokke jagters wat soms prooidiere wat groter as hulle is, aanval. Gemeenskaplike kenmerke van alle buidelrotte is die spits snoet, goed ontwikkelde oorskulpe en ’n taamlik kaal stert, wat dikwels lank is en as grypstert gebruik kan word. Die pote is kort en elke poot het 5 tone, wat met uitsondering van die eerste toon kloue het.

Hoewel die buidel kenmerkend is vir alle buideldiere, ontbreek dit by sommige buidelrotte heeltemal, terwyl dit by ander net uit 2 oorlangse velplooie bestaan. Die wyfie se draagtyd is baie kort, maar die werpsel is besonder groot. By geboorte is die kleintjies nog onderontwikkel; net die voorpote is goed ontwikkel. sodat hulle in die buidel kan inkruip. Die kleintjies suig hulle stewig aan die tepel vas en wanneer hulle sluk, kan hulle terselfdertyd asemhaal.

Dit is moontlik omdat daar 'n vol ledige skeiding is tussen die slukderm-opening en die stuk asemhalingskanaal tussen die neus en die strottehoof. Wan neer die kleintjies groot is, verlaat hulle die buidel vir al hoe langer tydperke maar ry dikwels nog 'n rukkie op die moeder se rug. By die buidellose spesies word die kleintjies tussen die agterpote gedra. Hulle suig hulle nie so sterk aan die tepel vas nie, en as hulle afval, maak hulle 'n geluid op 'n baie hoë frekwensie (wat vir die mens nie hoorbaar is nie) waarop die wyfie hom weer optel.

Verteenwoordigers

Opossums is in die VSA die bekendste buideldiere en ook die wat die intensiefste bestudeer is. Die tweeledige baarmoeder met 2 afsonderlike openinge (di-delphis= 2 skedes) wat by baie ander buideldiere voorkom, is vir die eerste keer by die opossum ontdek. Hoewel opossums dikwels as proefdiere gebruik, ter wille van hul pelse gejag en in sommige Suid-Amerikaanse state graag geëet word bestaan daar geen gevaar dat hulle uitgeroei sal word nie, onder meer omdat hulle baie vrugbaar is.

In die warmer streke werp 'n wyfie twee tot drie keer per jaar tussen 8 en 18 kleintjies op 'n keer, waarvan die meerderheid oorleef. Hul kans op oorlewing word verder verhoog deur die verskynsel dat hulle die dood kan veins (in die VSA is die idioom "to play opossum" hiervan afgelei). In so 'n gevalle die dier stokstyf op die grond of hang doodstil aan sy stert aan 'n tak.

Dit word waarskynlik moontlik gemaak deur sekere stowwe met 'n verlammende uitwerking wat in die senuweestelsel aanwesig is en wat geaktiveer word deur uitwendige prikkels. Dit stimuleer die motoriese senuweeselle, wat tot die gelyktydige sametrekking van alle teenwerkende spiere van 'n bepaalde gewrig lei. Hierdeur word die gewrig star in een posisie gehou.

Nadat die verlammende stof deur ensieme afgebreek is of deur diffusie uit die liggaam verwyder is, herstel die dier. Die gewone of Noord-Amerikaanse opossum (Didelphis marsupialis) is die buideldier wat die verste noord aangetref word. Hy kom van Argentinië tot in die suide van Kanada voor. In die koue streke kan 'n individu soms in die winter sy stert of 'n oorskulp as gevolg van bevriesing verloor. maar kan vir die res van sy lewe goed daarsonder klaarkom.

Die Virginiese opossum (Didelphis marsupialis virginiana) word as 'n subspesie van die gewone opossum beskou. Die effens kleiner Suid-Amerikaanse opossum (Didelphis paraguayensis) kom slegs in Suid-Amerika voor. Die enigste buideldier wat heeltemal by 'n leefwyse in die water aangepas is, is die wateropossum (Chironectes minimus). Sy liggaam is stroombelyn en sy ore kan afsluit. Die buidel se opening is na agter gerig sodat die water nie kan instroom as hy swem nie en word daarbenewens deur 'n kringspier toe gehou. Ook die mannetjies van hierdie spesie het buidels, waarin die skrotum geleë is. Wateropossums kom in die varswatermere en strome van Sentraal-Amerika en die aangrensende deel van Suid-Amerika voor en leef van waterdiere.

Die weselagtige dikstertbuidelrot of klein wateropossum (Lutreolina crassicaudata) kom in die water asook in woude of oper bosstreke voor. Die dwergbuidelrotte of muisopossums (genus Marmosa), wat wyd oor Suid-Amerika versprei is, het geen buidel nie en die kleintjies hang aan die moeder se pens. Hulle rig groot skade aan plantasies aan aangesien hulle graag suikerriet, piesangs en veselperskes vreet. Die huisbuidelspitsmuis of colicorto (Monodelphis domestica) is daarenteen by die Suid-Amerikaners baie gewild omdat hy plaagdiere vreet.

Sy oë is, net soos die van spitsmuise, gedegenereer. Die taamlik seldsame opossumrotte word onder 'n afsonderlike familie (Caenolestidae) geklassifiseer en is die primitiefste van die buideldiere. Hulle kom in die vogtige bergwoude van Suid-Amerika voor en leef van insekte en spinnekoppe. By jong diere kan soms nog 'n oorblyfsel van 'n buidel gesien word, maar dit verdwyn later.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Opossums: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Opossums (genus Didelphidae) is die bekendste verteenwoordigers van die buidelrotfamilie (Didelphidae), wat hoofsaaklik in Suid-Amerika voorkom. Die gewone opossum word sedert die laaste Ystyd egter ook so ver noord as Suid-Kanada aangetref.

 src= 'n Jong Virginië Opossum  src= Die Noord-Amerikaanse Opossum