dcsimg

Langbaard-ghieliemientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Langbaard-ghieliemientjie (Barbus unitaeniatus) is 'n varswater vis wat wydverspreid voorkom en wel in die Kongorivier in die Zambië area, die Kunenerivier, die Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Limpoporivier suidwaarts tot by die Pongolarivier maar nie in die Buzi-, Pungwe- en Saveriviere nie. In Engels staan die vis bekend as die Longbeard barb.

Voorkoms

Die vis is deurskynend bruin en silwer aan die onderkant met 'n kenmerkende donker horisontale streep oor die middel van die lyf. Daar is chevron merke op die sylyn en die dorsale vin se punt en agterste rant is swart. Die vis het groot oë en daar is twee pare baarde om die mond. Die vis word tot 140 mm lank.

Habitat

Die vis leef in 'n verskeidenheid habitatte insluitende vloeiende en staande water. Hulle gedy egter in dam en mere. Die vis vreet water ongewerweldes en grassade en broei na die reën in die somer. Hulle kan in akwariums en visdammetjies aangehou word.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Langbaard-ghieliemientjie: Brief Summary ( Afrikaans )