dcsimg

Coelurosauria ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Coelurosauria Kladistiese klassifikasie Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Klade: Theropoda
Klade: Avetheropoda
Klade: Coelurosauria
(Von Huene, 1914)

Coelurosauria (Grieks vir "holstertakkedisse") is die klade wat alle teropode-dinosourusse omvat wat nader verwant aan voëls is as aan karnosouriërs. Selurosouriërs sluit in Compsognathidae, Tyrannosauroidea, Ornithomimosauria en Maniraptora; laasgenoemde sluit voëls in – die enigste dinosourusgroep wat vandag nog leef.[1] Die meeste geveerde dinosourusse wat tot dusver ontdek is, was selurosouriërs; die Kanadese paleontoloog Philip J. Currie dink dat alle selurosouriërs waarskynlik vere gehad het.[2]

Die naam "Coelurosauria" is voorheen vir alle klein teropodes gebruik, maar dié klassifikasie geld nie meer nie.

Verwysings

  1. Turner, A.H., Makovicky, P.J., and Norell, M.A. 2012. A review of dromaeosaurid systematics and paravian phylogeny. Bulletin of the American Museum of Natural History 371: 1–206.
  2. Currie, Philip J. (2005). Dinosaur Provincial Park: A Spectacular Ancient Ecosystem Revealed. Indiana University Press. p. 368. ISBN 0-253-34595-2.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Coelurosauria: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Coelurosauria (Grieks vir "holstertakkedisse") is die klade wat alle teropode-dinosourusse omvat wat nader verwant aan voëls is as aan karnosouriërs. Selurosouriërs sluit in Compsognathidae, Tyrannosauroidea, Ornithomimosauria en Maniraptora; laasgenoemde sluit voëls in – die enigste dinosourusgroep wat vandag nog leef. Die meeste geveerde dinosourusse wat tot dusver ontdek is, was selurosouriërs; die Kanadese paleontoloog Philip J. Currie dink dat alle selurosouriërs waarskynlik vere gehad het.

Die naam "Coelurosauria" is voorheen vir alle klein teropodes gebruik, maar dié klassifikasie geld nie meer nie.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF