dcsimg

Bloubekeend ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bloubekeend (Oxyura maccoa) is redelike algemene standvoël in Suider-Afrika.

Identifikasie

Die bloubekeend is 'n klein, kort eendjie van 48–51 cm. Die manlike eend is kastaiing-bruin met 'n swart kop en 'n helderblou snawel. Die smal, punterige stert staan dikwels kersregop.

Die vroulike eend het nie 'n blou snawel nie, en is donkerbruin van kleur met 'n vaal streep op die wang.

Habitat

Stil waterareas.

Broeigewoontes

Die bloubekeend wat opvallend diep in die water lê, se nes word tussen riete gebou. Daar is 4-12 eiers, wat besonder groot is vir so 'n klein eendsoort.

Verspreiding

Verspreid oor die meeste dele van Suid-Afrika en groot dele van Zimbabwe en Namibië.

Ander name

  • Duitse naam: Afrikanische Ruderente
  • Engelse naam: Maccoa Duck
  • Wetenskaplike naam: Oxyura maccoa
  • Ou Afrikaanse sinoniem: Makou-eend (Oxyura punctata)

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bloubekeend: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bloubekeend (Oxyura maccoa) is redelike algemene standvoël in Suider-Afrika.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF