dcsimg

Hibiskus ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Hibiskus is 'n plantgenus wat hoort tot die familie Malvaceae en verwys na 'n groep struike wat oor 'n groot gebied van Suidelike Afrika voorkom. Dit floreer in sonskyn en vogtigheid. Vyf kelkblare is verenig aan die basis en vyf kroonblare en talle meeldrade vorm 'n buis om die stamper. Die bloeiwyse is okselstandig.

Voorkoms en verspreiding

Geel en pienk blomkleure kom oorheersend voor. Dekkan hennep (Hibiscus cannabinus), wat dwarsdeur Zimbabwe voorkom, het mooi geel blomme met 'n donker binneste. Die pragtige karmosyn (Hibiscus praeteritus) groei by die Victoria-waterval. Daar is baie variëteite in Kwazulu-Natal insluitende die oranje hibiskusklimop (Hibiscus surattensis), 'n kusklimop met gehaakte stekels. Wilde katoen, wilde stokroos en ligroos kiesieblaar behoort almal aan dieselfde familie. Die goue of dwerg (Hibiscus Aethiopicus) is algemeen in die suide van Kaapland, veral na veldbrande. In die Kaapse Skiereiland groei ook die taai klein struik met pienk blomme, die (Malvastrum scabriosum).

Die hibiskus is 'n gewilde tuinplant waarvan sowat 300 spesies in veral die warmer dele van die wêreld aangetref word. In Suider-Afrika kom sowat 50 soorte voor. Die blomme is groot en opvallend, en is meestal geel of pienk, maar ook rooi of oranje. Sommige soorte hibiskusse is ook van ekonomiese belang. Die hibiskus is 'n tweesaadlobbige plant. Dit aard in tropiese en subtropiese toestande en die sowat 50 soorte wat in Suider-Afrika aangetref word, sluit bome, struike en kruide in.

Hibiskusblomme het gewoonlik vyf kelkblare en talle meeldrade, wat uit die boonste gedeelte van die stamper groei. Weens die opvallende, helderkleurige blomme, is hibiskusse baie gewilde tuinplante, ook in Suid-Afrika. Hulle verdra egter geen ryp nie en oorleef dus net in streke met rypvrye winters. Die hibiskus wat die beste teen ryp bestand is, is die Siriese hibiskus of alteaboompie (Hibiscus syriacus). Hibiskusblomme is gewoonlik geel of pienk maar die Chinese hibiskus (Hibiscus rosa-sinensis) kan ook helderrooi blomme hê.

'n Baie klein soort is die dwerghibiskus (Hibiscus malacospermus), wat maklik in Gauteng groei. Die boomhibiskus (Hibiscus tiliacus) kan 5m hoog word en groei veral by riviermondings. Hibiskusse is nie net mooi sierplante nie, maar is ook van ekonomiese belang. Hibiskusse wat in die tropiese dele van Afrika en Asia aangetref word (Hibiscus cannabinus), word reeds eeue lank in Indië vanweë sy vesel gekweek. Van die vlesige kelke van die Hibiscus sabdariffa kan jellie en blatjang gemaak word, terwyl die olieryke sade van die Hibiscus esculentus in sommige streke van Afrika as sopgroente gebruik word.

Spesies

Sien ook

Bronne

  1. "Hibiscus L." Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 2007-10-05. Besoek op 2010-02-16.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Hibiskus: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Hibiskus is 'n plantgenus wat hoort tot die familie Malvaceae en verwys na 'n groep struike wat oor 'n groot gebied van Suidelike Afrika voorkom. Dit floreer in sonskyn en vogtigheid. Vyf kelkblare is verenig aan die basis en vyf kroonblare en talle meeldrade vorm 'n buis om die stamper. Die bloeiwyse is okselstandig.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF