dcsimg
Image of Carpet geranium
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Storksbill Family »

Carpet Geranium

Geranium incanum Burm. fil.

Vrouebossie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die vrouebossie, Geranium incanum, is 'n kruidagtige grondbedekker. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika.[1] Dit vorm lang, dun kruipende stingels en word 30 cm hoog. Die blare is kantagtig, fyn verdeeld en immergroen. Pienkpers blomme verskyn gedurende die lente of somer – enige tyd tussen September en Mei. Die delikate blomme bestaan uit 5 hartvormige pienk kroonblare met pers are.

Galery

Verspreiding

Afkomstig van kusstreke in die Wes-Kaap en Oos-Kaap.

Tuinbou

Die vrouebossie is 'n maklike grondbedekker wat vinnig groei en rypbestand is. Dit lyk baie goed in plantbakke, hangmandjies, en heel voor in 'n blombedding.

Dit kan in die son geplant word, maar in warm gebiede sal dit beter vaar in gedeeltelike skadu. Gee dwarsdeur die jaar water en plant in ligte, goedgedreineerde grond met heelwat kompos. 3:1:5 kunsmis kan in die groeiseisoen toegedien word.

Voortplanting geskied deur steggies. Die vrouebossie saai ook homself en klein plantjies sal self in die tuin opkom.

Tradisionele gebruike

Die vrouebossie staan ook bekend as bergtee, omdat die blare soms gebruik word as plaasvervanger vir tee. Treksels van die blare word ook tradisioneel gebruik vir menstruele probleme, geslagsiektes en blaasinfeksie.

Sien ook

Bronne

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vrouebossie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die vrouebossie, Geranium incanum, is 'n kruidagtige grondbedekker. Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit vorm lang, dun kruipende stingels en word 30 cm hoog. Die blare is kantagtig, fyn verdeeld en immergroen. Pienkpers blomme verskyn gedurende die lente of somer – enige tyd tussen September en Mei. Die delikate blomme bestaan uit 5 hartvormige pienk kroonblare met pers are.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF