dcsimg

Bosolienhout ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Bosolienhout (Olea woodiana) is 'n middelgroot tot hoë[1] woudboom wat tot die familie van die olyf (Oleaceae) behoort. Dit kom wydverspreid in oos-Afrika voor, in laergeleë heuwelbosse van Kenia, Tanzanië en Eswatini tot in oostelike Suid-Afrika.[2] Daar is twee subspesies, naamlik O. w. disjuncta in die noorde en O. w. woodiana in die suide.

Die bloeiwyses wat uit die blaaroksels of aan die stingelpunte groei, dra klein wit blomme. Vrugte word vanaf laatsomer voortgebring.[1] Hulle is ovaalvormig en ryp vrugte verkry 'n swartpers kleur, wanneer dit ook deur voëls gevreet word.[1]

Kyk ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 "Olea woodiana". Witbos inheemse kwekery. Besoek op 26 Desember 2012.
  2. "Olea woodiana Knobl". GRIN Taxonomy for Plants. Germplasm Resources Information Network. Besoek op 26 Desember 2012.
ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Bosolienhout: Brief Summary ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Bosolienhout (Olea woodiana) is 'n middelgroot tot hoë woudboom wat tot die familie van die olyf (Oleaceae) behoort. Dit kom wydverspreid in oos-Afrika voor, in laergeleë heuwelbosse van Kenia, Tanzanië en Eswatini tot in oostelike Suid-Afrika. Daar is twee subspesies, naamlik O. w. disjuncta in die noorde en O. w. woodiana in die suide.

Die bloeiwyses wat uit die blaaroksels of aan die stingelpunte groei, dra klein wit blomme. Vrugte word vanaf laatsomer voortgebring. Hulle is ovaalvormig en ryp vrugte verkry 'n swartpers kleur, wanneer dit ook deur voëls gevreet word.

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF