dcsimg

Hominidae ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Hominidae of hominiede, ook bekend as die "groot ape", vorm ’n taksonomiese familie van primate, insluitende vier uitgestorwe genera:

Die term "hominied" word ook in ’n enger sin gebruik vir Hominini, of "mense en verwante van mense nader as sjimpansees".[1] In dié sin het alle hominiede spesies behalwe Homo sapiens uitgesterf.

’n Aantal bekende uitgestorwe genera word saam met die mens in die subfamilie Homininae geklassifiseer, en ander saam met orang-oetangs in die subfamilie Ponginae. Die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van die Hominidae het rofweg 14 miljoen jaar gelede geleef,[2] toe die voorouers van die orang-oetang afgeskei het van die voorouers van die drie ander genera.[3] Die voorouers van die Hominidae-familie het toe reeds van dié van die Hylobatidae-familie afgeskei, moontlik 15 miljoen tot 20 miljoen jaar gelede.[3][4]

 src=
Evolusie van die Hominoidea: ná ’n aanvanklike afskeiding van die Hylobatidae van die hooflyn sowat 18 miljoen jaar gelede, het die lyn Pongidae afgeskei en gelei tot die huidige orangoetang, terwyl die Hominidae later verdeel het in die Gorillini en Hominini.

Verwysings

  1. White, Tim D (2009). “Ardipithecus ramidus and the Paleobiology of Early Hominids”. Science 326 (5949): 64–86. doi:10.1126/science.1175802.
  2. Andrew Hill & Steven Ward (1988). “Origin of the Hominidae: The Record of African Large Hominoid Evolution Between 14 My and 4 My”. Yearbook of Physical Anthropology 31 (59): 49–83. doi:10.1002/ajpa.1330310505.
  3. 3,0 3,1 Dawkins R (2004) The Ancestor's Tale.
  4. "Query: Hominidae/Hylobatidae". Time Tree. 2009. Besoek op Desember 2010. Gaan datum na in: |accessdate= (help)

Eksterne skakels

ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF

Hominidae: Brief Summary ( الأفريكانية )

المقدمة من wikipedia AF

Die Hominidae of hominiede, ook bekend as die "groot ape", vorm ’n taksonomiese familie van primate, insluitende vier uitgestorwe genera:

Sjimpansees (Pan) – 2 spesies Gorillas (Gorilla) – 2 spesies Mense (Homo) – 1 spesie Orang-oetangs (Pongo) – 2 spesies.

Die term "hominied" word ook in ’n enger sin gebruik vir Hominini, of "mense en verwante van mense nader as sjimpansees". In dié sin het alle hominiede spesies behalwe Homo sapiens uitgesterf.

’n Aantal bekende uitgestorwe genera word saam met die mens in die subfamilie Homininae geklassifiseer, en ander saam met orang-oetangs in die subfamilie Ponginae. Die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van die Hominidae het rofweg 14 miljoen jaar gelede geleef, toe die voorouers van die orang-oetang afgeskei het van die voorouers van die drie ander genera. Die voorouers van die Hominidae-familie het toe reeds van dié van die Hylobatidae-familie afgeskei, moontlik 15 miljoen tot 20 miljoen jaar gelede.

 src= Evolusie van die Hominoidea: ná ’n aanvanklike afskeiding van die Hylobatidae van die hooflyn sowat 18 miljoen jaar gelede, het die lyn Pongidae afgeskei en gelei tot die huidige orangoetang, terwyl die Hominidae later verdeel het in die Gorillini en Hominini.
ترخيص
cc-by-sa-3.0
حقوق النشر
Wikipedia skrywers en redakteurs
النص الأصلي
زيارة المصدر
موقع الشريك
wikipedia AF